Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mooi Lourika!

Mooi Lourika!
 
2010-05-27


EK is trots op jou dat jy jou kennis gebruik het en teruggeveg het vir dít wat joune is, maar ek was reg, jou handsak was vir ’n paar sekondes onbewaak!

In vandag se tye kan jy niks wat vir jou kosbaar is, selfs vir ’n nano-sekonde uit jou sig laat nie. Ek is net bly dat jy die “know how” gehad het om jou goed terug te kry. Baie mense van vandag WEET nie van al hierdie dinge nie, en baie mense is eenvoudig nie veglustig genoeg om hulle goed terug te kry nie, hulle los dit vir die polisie - wat alreeds hulle hande vol het.

Die feit van die saak is, ons moet mense bewus maak van wat hulle alles kan doen om hulle gesteelde goedere terug te vind. Tegnologie is vandag fantasties.

Knap gedaan, ’n mens moet meer doen en minder kla, dit sal die lewe vir diewe ’n bietjie moeiliker maak.

Ek wil ook graag ’n lansie breek vir die Meulstraat biblioteek in die Paarl. Hulle is wonderlike mense wat regtig probeer om die beste van ’n slegte saak te maak.

Ek en my ma is lid van die “Vriende van die Biblioteek”, dit kos ons R30 per jaar en dit beteken baie. Hulle koop nuwe boeke daarmee aan en doen nog baie ander dinge ook. Dit laat jou ook toe om meer boeke uit te neem as gewone lede.

In Pretoria moet jy betaal vir lidmaatskap aan die biblioteek - hier is dit gratis. Pleks van PRAAT van kameras, hoekom kan almal wat deel is van die biblioteek nie ook ’n bydrae maak om die plek te beveilig en om sulke insidente minder te maak nie. Ek is definitief bereid om ’n bydrae te maak.

Word deel van die biblioteek en kyk wat gebeur dan. Hoe meer siele, hoe meer vreugde!!

Die biblioteek beteken baie vir die gemeenskap - skoolkinders doen hulle take daar, ’n mens kan CD’s, portrette, DVD’s, tydskrifte en boeke daar uitneem, heeltemal gratis. Vir my kan ek nie my lewe voorstel sonder die biblioteek nie. Kom ons hou op kla en begin doen!

P Smook




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za