Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipaliteit verdwaal?

Munisipaliteit verdwaal?
 
2010-05-27


DIE Wellingtonse belastingbetalers is baie ontevrede en is in opstand teen die vlae wat Drakenstein Munisipaliteit in Piet Retiefstraat, Hoofstraat en ook Kerkstraat aangebring het.

Dit is ’n mooi vlag, ja, maar hoekom word slegs die Paarl daarop vereer? Is Wellington dan nie ook deel van Drakenstein Munisipaliteit nie? Betaal Wellingtonners dan nie ook getrou hul belastings nie?

Almal bel nou die Verfraaiingskomitee en val hulle aan oor die feit dat slegs Paarl se naam op die vlag verskyn, maar die Verfraaiingskomitee is net so in die duister oor die afwesigheid van Wellington op die vlag.

Ons Wellingtonners soek ’n dringende regstelling op die vlae wat in Wellington teen die lamppale wapper.

Christine Siebrits




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za