DIE Paarlberg natuurreservaat bokant die Jan Phillips-bergpad is ’n paradys vir stappers wat wil wegkom van die geraas en gejaag van die dorp.
Daarom was dit ’n groot teleurstelling om die afgelope naweek ’n volwasse man en ’n jong seun op motorfietse op ’n wandelpad skuins bokant die Victoriadam teë te kom.
Hoewel die twee baie stadig gery het, was die geraas van veral die seun se motorfiets al van baie ver af uiters steurend. Ek vra die man mooi om nie weer daar te ry nie.
Daar was trapfietse ook, wat eweneens nie daar toegelaat word nie, maar solank hulle stadig genoeg beweeg om nie die stappers uit die grond te ry nie kan dit nog gaan.
Hierdie ouens se “enjins” is minstens stil.
Nelis Kruger