Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Puik diens deur Paarl troef diewe

Puik diens deur Paarl troef diewe
 
2010-05-27


OMSTREEKS kwart voor agt Saterdagaand, toe die meeste mense sekerlik aan die rugby kyk was, het ons uitgehardloop om ondersoek in te stel waarom ’n motoralarm voor die bure se huis in La Modestraat in die Paarl skree.

Ons kon niemand sien nie, maar by nadere inspeksie het ons gesien dat die agterste passasiersruit se glas op die grond gesaai lê.

Die jong man wie se motor dit is, het gesê sy klerasiesak en leerbaadjie is weg wat op die agterste sitplek gelê het.

Ek het onmiddellik vir ADT laat kom wat reeds in Houtstraat was en ook die polisie ontbied.

In minder as vyf minute was daar twee vangwaens en tesame met ADT het hulle gou die buurt se strate gefynkam.

Intussen het ’n derde vangwa onder die hoofstraat in die moontlike weggliproete na die dorpsgebied gaan soek vir ’n verdagte met ’n bruin kleresak en leerbaadjie.

Dit was werklik nie langer as tien minute nie en die eerste vangwa keer toe terug met die kleresak en ’n verdagte persoon.

Skaars nog vyf minute is verby toe daag die volgende vangwa op met nog ’n verdagte met die leerbaadjie. Knap gedaan!

Baie dankie aan die polisievrou en -manne wat Saterdagaand so vinnig opgetree het. Ook aan die man van ADT wat so hulpvaardig was.

Julle weet beslis almal wie julle was.

Gideon Albertyn




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za