Studente baat by voedselopleiding in België
2010-05-27
VAKKENNIS is immers die sleutel tot die toekoms en ’n werk is die beste waarborg teen armoede,” sê Jef Valkeniers, wat voorheen in Suid-Afrika gewoon het. Hy is reeds 17 jaar aktief betrokke by ontwikkelingswerk in Franschhoek. In 1997 het hy gereël dat drie jong mans uit Franschhoek ná matriek na die dorp Dilbeek in Vlaandere gaan om te leer om die wêreldbekende Belgiese sjokolade te leer maak. Vandag het twee van hulle, Danny Windvogel en Denver Adonis, aandele in die Sjokoladefabriek op Franschhoek waar 17 mense nou werk. Tans is daar ses jongmense in Dilbeek wat onder die wakende oog van dr Valkeniers en sy vrou, Audrey van Zyl, opleiding kry in die voedselbedryf. Van Zyl is lid van die Vlaams-Brabantse parlement. Hulle staan die studente by met logistiek soos vervoer na hul werk, waar hulle praktiese ondervinding opdoen in beroepe soos pasteibakker (patissier) en bereider van koue vleise (charcutier), asook die bywoning van aandklasse. Daar word beoog dat hulle, met hul terugkeer na Suid-Afrika 'n pasteibakkery sal loods.
More
News
|