Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stowman roei vir SA-span

Stowman roei vir SA-span
 
2010-05-27

Jaco van Wyk

LUKE STOWMAN word nie geïntimideer deur die rowwe waters van ’n oorvol Bergrivier nie.

“Hoe groter die uitdaging, hoe beter,” meen Luke.

Die selfvertroue waarmee dié 16-jarige roeier van Paarl Kanoklub ’n roeikampioenskap aandurf, gepaard met krag, spoed en tegniek, plaas sy dominering van kanovaart op o.16-vlak in perspektief.

Al die aande se strawwe oefensessies, onder afrigting van die hoogaangeskrewe Wayne August, het onlangs aan Luke sy Springbokkleure besorg - genoeg om dié leerder van Klein Nederburg Sekondêr die Paarl Post en Supersport se Let’s Play Sportster van Mei-maand te maak.

Luke het die SA o.16-span gehaal wat in Augustus gaan deelneem aan die Junior Olimpiese Spele in Singapoer, asook die span wat later vanjaar aan die wêreldkampioenskappe gaan deelneem in Slowakia.

“Ek het ses jaar gelede met kanovaart begin toe ek tien jaar oud was,” vertel Luke.

“Aan die begin was dit moeilik, en dit het harde werk gekos om te kom waar ek vandag is.”

Luke oefen sowat vyf dae ’n week, twee ure op ’n slag.

“Ek hou van wen en met my afrigter se hulp word ek goed voorberei vir kampioenskappe,” sê Luke, wat graag eendag ’n professionele roeier wil wees.

Luke het twee weke gelede, tydens die K1 (enkel) WCCU kampioenskappe op die Misverstand Dam, weer sy stempel in die o.16-afdeling afgedruk, toe hy ’n goue medalje losgeroei het.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za