Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skole stamp koppe

Skole stamp koppe
 
2010-05-27

Jaco van Wyk

IN ’n kragmeting tussen twee reuse van WP skolerugby, het Hoër Jongenskool ’n puik vertoning gelewer deur vir Hoër Landbouskool Boland in sy agter- plaas met 38-17 te verslaan.

HJS was rustyd reeds 21-7 voor.

HJS se puntemakers was (drieë deur) Devon Williams (3 drieë), Jean Nel en Stephan Coetzee. Johan Cilliers het vyf doelskoppe en ’n strafdoel oorgeklits.

Landbouskool se puntemakers was (drieë deur) Emelius Marais, Kyle Jacobs en Phillip Molnar. Molnar het ook ’n doelskop behaal.

* In ’n wegwedstryd het Hoërskool Gimnasium Saterdag ’n oortuigende 49-15 sege oor Sacs behaal. Die rustydtelling was 35-0.

Gim se puntemakers was (drieë deur) Kobus van Wyk (3 drieë), Conrad Loubser, Chris Bosch, Carlo Theron en Gideon Morris. Willie Viljoen het sewe doelskoppe aangeteken.

) In die Boland-liga het New Orleans Sekondêr maklik klaargespeel met Hawston. New Orleans het 44-18 gewen. Sulaiman Antar, Clint Isaacs, Zubeir du Plessis, Clinton Ruiters, Erhardt Kilowan en Edlynne Loff het New Orleans se drieë gedruk.

Leroy Walters het vier doelskoppe en twee strafdoele aangeteken.

* Hoërskool Hugenote het 12-14 vasgeval teen Worcester Gimnasium.

Hugenote was rustyd 5-0 voor.

Hugenote se drieë is gedruk deur Landolf Theron en Maree Kotzé. Kotzé het ook ’n doelskop behaal.

* Hoërskool Labori het 7-14 vasgeval teen Montana, ná die rustydtelling 0-0 gelykop was.

* Paulus Joubert Sekondêr en Bergrivier Sekondêr het verlede week met 10-elk gelykop gespeel.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za