Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


CPUT se manshokkiespan ryg doele in

CPUT se manshokkiespan ryg doele in
 
2010-05-27

Jaco van Wyk

AGT wedstryde gespeel en sewe gewen met twee en veertig doele vir, en slegs agt doele afgestaan.

So lees die statistieke van CPUT Wellington se manshokkiespan tot dusver, ’n span wat dié seisoen die een kragvertoning ná die ander lewer.

Dié span was verlede week nog onoorwonne, maar het die afgelope naweek hul eerste nederlaag gely, ’n pak slae van 3-5 in ’n wegwedstryd teen Belhar.

Met die doel voor oë om vanjaar hul liga te verower en sodoende deur te dring na ’n hoër liga, is CPUT egter op die regte pad.

Hulle is tans die voorlopers met 34-ligapunte, en kom eerskomende naweek te staan teen die span wat tans tweede lê, naamlik Vredenburg/Saldanha.

CPUT het sover die seisoen lag-lag klaargespeel met so te sê al hul opponente (buiten Belhar). Dit het op 10 April begin met ’n oortuigende bonuspuntsege teen UCT.

Goeie oorwinnings het gevolg teen Pinelands (7-0), Mutual A (3-1), UCT (UCT daag nie op nie), Mutual B (8-1), Durbanville (6-1) en Northlink (4-0).

CPUT Wellington se manspan is volgens hul afrigter, Rubin Lategan, “’n oop klub, met jong spelers, ’n paar ou honde, en natuurlik van CPUT se studente”.

Belangstellendes is dus welkom om vir Lategan te kontak by 082-765-6014.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za