Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dames van CPUT stoomroller oor opponente

Dames van CPUT stoomroller oor opponente
 
2010-05-27

Jaco van Wyk

SEDERT CPUT Wellington se dameshokkiespan die knie moes buig in hul eerste liga-wedstryd van die seisoen, ’n 1-3 nederlaag teen Durbanville, het die span van Wellington hul sokkies behoorlik opgetrek en ses seges in ’n ry behaal.

Dié was ook nie sommer net naelskraapse seges nie, maar eerder vertonings wat mens laat wonder hoe hulle ooit in die eerste plek kon vasval?

UCT se A-span was eerste aan die beurt vir ’n pakslae deur CPUT (2-0), gevolg deur Vishoek (2-1), Somerset-Wes B (8-1), Mutual CPUT (4-0), UCT B (7-1) en Somerset-Wes A (5-0).

Eerskomende Saterdag is CPUT weer in ’n taai stryd gewikkel teen Paarl se vrouespan, om 15:00 op Hoërskool Gimnasium se astro-baan.

Verskeie spelers van CPUT Wellington is onlangs ingesluit in die Boland Dames A-span, asook in die Ussa-span.

Die Ussa-span is ’n saamgestelde span uit alvier CPUT kampusse, om in November op toer te gaan en mee te ding teen al die groot universiteitspanne van Suid-Afrika.

Ierret Groenewald, Renate du Toit, Inge de Hart, Kim-Lee Abrahams en Heleen Aldrich het beide spanne gehaal.

Elsbeth Groenewald, Sune Furstenberg, Margaux Stumke en Francis van der Merwe het ook die Ussa-span gehaal.

Carla-Lee Williams, Shameen Shaik, Ilhaam Gaidien, Meagon Festus en Marinette Hanekom is ook ingesluit in die Boland Dames A-span.

CPUT het tans twee dameshokkiespanne en is ’n oop klub wat kompeteer in die WP liga. Die eerste span word afgerig deur Carla-Lee Williams en die tweede span deur Deidré Prinsloo.

Belangstellendes is welkom om aan te sluit (aansluitingsfooi is R100).

Kontak Irret Groenewald (voorsitter van CPUT Wellington hokkie-unie) by 076-675-0778.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za