Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vineyards neem voortou

Vineyards neem voortou
 
2010-05-27

Jaco van Wyk

’N SPOGSEGE deur Vineyards Rugbyklub oor Young Gardens, Saterdag op die Daljosafat-sportvelde, het van die manne in maroen die welverdiende voorlopers in die Paarl Streekliga gemaak.

Ná hul 27-8 sege oor Gardens, is Vine-yards nou die enigste onoorwonne span in vanjaar se kompetisie.

Vineyards het 4 drieë ingeryg vir ’n bonuspuntoorwinning, teenoor Gardens se 1 drie, wat hulle uiteindelik met leë hande huis toe gestuur het.

Gardens se tweede en derde spanne het egter goeie seges oor hul eweknieë van Vineyards behaal. Gardens II het 23-6 gewen en Gardens III het 34-7 gewen.

Op Drakenstein-gevangenis se velde het die span van Violets uiteindelik ’n sege behaal - ’n naelskraapse 16-15 oorwinning oor die manne van Allandale.

Violets se voorspelers het die grondslag vir dié oorwinning gelê, met Morgesen de Jager en Monrico Carollissen die uitblinkers.

William Hendricks het Violets se drie gedruk, met Denovan Hoogaard wat ’n strafdoel en doelskop bygevoeg het. Bradwill Swartz het twee strafdoele bygevoeg.

Violets II het 15-5 gewen en Allandale III het 37-0 gewen.

Laer Paarl het Saterdag ’n puik vertoning teen Pêrel United gelewer, om ’n 53-7 oorwinning te behaal. Die Blues het 8 drieë in die proses behaal. Laer Paarl II het 47-0 gewen en Pêrel United III het 17-13 gewen.

Simondium het Saterdag op sy tuisveld ’n goeie 20-3 sege oor Windmeul United behaal. Simondium II het 12-5 gewen en Windmeul III het 7-3 gewen. Windmeul United hou 30 Mei ’n algemene vergadering te Windmeul Primêre Skool om 14:00. Alle oud- en nuwe lede is welkom.

Young Standards het Saterdag vir Albions Rugbyklub met 23-14 verslaan. Albions II het 40-12 gewen en Standards se derde span het 15-7 gewen.

WEDSTRYDBEPALINGS: Die gekombineerde Paarl Streekspan kom Vrydag-aand teen Franschhoek United te staan op die Daljosafat-stadion vanaf 18:35.

* Saterdag (29 Mei) - Young Standards vs Windmeul (Windmeul); Riverstones vs Young Gardens (Dal D); Violets vs Albions (Dal C); Vineyards vs Simondium (Simondium); Pêrel United vs Allandale (Dal E).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za