DIE gewilde Sutherland Bustoer van die ATKV vind vanjaar plaas op die naweek van 31 Julie/1 Augustus.
Soos altyd, word interessanthede gesels en Matjiesfontein verken oppad daarheen. Op Sutherland kan dié wat belang stel die Louw-Huis Museum besoek (geboortehuis van NP van Wyk Louw en WEG Louw) asook die geskiedkundige klipkerk wat tydens die Anglo-Boereoorlog deur die Britse magte oorgeneem was.
Ná aandete doen die groep ’n nagtoer en sterrekyk (afhangend van die weer) by die Sterrewag. Ná ontbyt die Sondagoggend is daar ook ’n dagbesoek aan die sterrewag wat ’n besigtiging van SALT insluit.
Bespreek vroegtydig by Daan Spamer by 082-872-4958.