’n INTERNASIONALE vrouebemagtiger, Magda van der Walt, is die spreker by die jaarvergadering van ACVV-takke in die Paarl.
Dit vind plaas op 2 Junie om 09:30 by die saal van die NGK Suider-Paarl in Courtrai.
Van der Walt sal by dié geleentheid praat oor haar nuutste boek, Geloof is nie vir sissies nie. ’n Vrywillige donasie van R10 of meer kan gemaak word. Bespreek voor 28 Mei by Isobel by 021-872-3487.