Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nog stukke 'vark' gevind

Nog stukke 'vark' gevind
 
2010-05-27

Lise Beyers

NOG twee stukke brons is verlede week gevind wat vermoedelik deel is van ’n waardevolle standbeeld van ’n vlakvark wat opgekap is deur skrootdiewe.

Diewe het in die nag van 13 April hierdie standbeeld, wat 150kg geweeg het, gesteel in die tuine van die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan, Paarl.

Twee weke gelede is die Paarl polisie in kennis gestel dat twee mans bronsstukke, wat vermoedelik deel uitmaak van die standbeeld, die metaal probeer verkoop het by LO Rall skroothandelaars.

Met die aankoms van die polisie het een vermeende dief ontsnap, terwyl nog een aangekeer is. Pieter Hodgson van Wellington is in hegtenis geneem.

Alhoewel die kunstenaar, Stephen Rautenbach, bevestig het dat die stukke brons dié is van sy vernielde standbeeld, is die saak van die hofrol geskrap in die Paarl Landdroshof, en die verdagte is weer op vrye voet, glo weens “onvoldoende getuienis”.

Verlede Vrydag is Wellington polisie ook deur ’n skroothandelaar ontbied, toe stukke brons aan hulle te koop aangebied is.

’n Werknemer van Maksi Scrap het onraad vermoed toe ’n inwoner van Mbekweni twee groot stukke brons aan hom wou verkwansel, nadat hy van die vlakvark gelees het in Paarl Post.

Die polisie was vinnig op die toneel en die man is in hegtenis geneem vir besit van gesteelde goedere.

By verdere ondervraging, het die verdagte vertel dat nog stukke van die vlakvark-standbeeld glo in White City, Mbekweni is.

Volgens hom is dit in die besit van ’n groep Rastafariërs wat ander mense kry om die brons stuk-stuk te verkoop.

Daar word glo erg gesukkel met die opsny van die brons.

Hy het egter uit vrees geweier om die gebied aan die polisie uit te wys.

Kapt Louise du Plessis, van Paarl polisie, het die bogenoemde skroothandelaars bedank vir hul hulp om inligting te verskaf in verband met die standbeeld. Enigiemand met nog inligting oor die brons kan haar skakel by 021-807-4000.

* More pieces of a bronze statue which was stolen at the Afrikaans Language Museum have been found.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za