Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Interkultuuraand op Wellington

Interkultuuraand op Wellington
 
2010-05-27


DIE ATKV bied ’n Interkultuuraand op 28 Mei om 18:30 by Hugenote Laerskool, Wellington.

Kom geniet ’n onvergeetlike aand van sang en dans saam terwyl jy heerlik smul aan allerhande tradisionele kosse. Nog nooit het jy op dieselfde verhoog Boere-lyndansers (“line dancers”) en Zulu-meisies in tradisionele drag, of Rieldansers en regte Zulu-krygers met bloedstollende trombegeleiding gesien nie! Verskeie sangers gaan ook optree.

Kaartjies (R70) sluit ’n ete in en ’n kontantkroeg sal beskikbaar wees. Die opbrengs van die aand gaan aan die sopkombuis van die Metodiste Kerk in Mbekweni vir die voltooiing van hulle kombuis.

Die ATKV loods die projek saam met dr Cynthia Kabanyane, ’n Zulu prinses. Die sopkombuis is ook een van haar projekte waarmee sy in die gemeenskap van Mbekweni betrokke is.

Skakel Herbert Sills by 082-374-3146 vir meer besonderhede en kaartjies. Kaartjies is beperk.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za