Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Herrie oor skiet van hond

Herrie oor skiet van hond
 
2010-05-27


TRANE het behoorlik verlede week gevloei, toe ’n skoothondjie in die Paarl doodgeskiet is.

Xeta, ’n Jack Russell-Malteesterriërkruis, het Maandagmiddag saam met haar labrador-vriend, Rocky, uit hul erf in Louvrestraat, Courtrai, geglip en die pad gevat.

Toe hul eienaar, Sonja Lee, by die huis kom en agterkom dat hulle weg is, het sy ’n reuse-soektog onderneem na haar geliefde honde.

“Ek het oral in die omgewing navraag gedoen, maar steeds kon ek hulle nie opspoor nie. Die DBV kon my ook nie help nie.”

Na ’n slapelose nag het Lee die volgende dag haar soektog voortgesit en sy het goeie nuus ontvang toe sy hoor dat Rocky by hulle afgelaai is. Maar steeds was daar geen teken van Xena nie.

So het sy uit desperaatheid pamflette laat druk wat sy deur die hele Suider-Paarl versprei het.

“Ek het twee mans van Picardie-plaas hier naby gekry en hulle ’n pamflet gewys en gevra of hulle my hond gesien het. Die een man het baie ongemaklik gelyk, maar hy het nee gesê.

“Hulle het wel elkeen ’n pamflet gevat en ek het hulle gesmeek om op die uitkyk vir Xena te wees.”

Kort daarna het Lee ’n oproep ontvang van ’n anonieme bron wat aan haar gesê het dat die eienaar van Picardie-plaas die hond geskiet het en laat begrawe het in die wingerd.

“Ek kon dit nie glo nie. Xena was ’n baba in my huis en ek het haar alleen grootgemaak vandat sy twee dae oud was, nadat haar ma dood is.”

Maar vir Louis Louw, eienaar van Picardie, is dit ’n baie moeilike situasie.

“Ek is regtigwaar baie jammer dat ek dié troeteldier geskiet het. Ek het gedink dat dit een van die rondloperhonde is wat onlangs een van my waardevolle swart swane doodgebyt het.

“Maandag het een van my werkers my geroep en gesê dat ’n hond my watervoëls aanval, en ek het uit radeloosheid my geweer gegryp.

“Ek is jammer hieroor, maar wat doen ek oor die skade wat ek elke keer moet ly?”

* A lap dog of Courtrai has been shot on a farm in Paarl, after it allegedly attacked swans and geese.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za