Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vagina Monologues vir die eerste keer in Afrikaans!

Vagina Monologues vir die eerste keer in Afrikaans!
 
2010-05-27


DIE Vagina Monoloë is op 4 Junie om 20:00 te sien by die Ou Meul-teater.

Van skreeusnaaks tot diepe ontroering en ontnugtering, van Waterkloof tot Mitchell’s Plain, gee Die Vagina Monoloë met deernis ’n stem aan onse vrouens (en mans!) se diepste vrese en fantasieë.

Hierdie wêreldbekende kragtoer spreek tot geheime en onderdrukte gevoelens. Tot wys­heid en geluk en hartseer. En ja, natuurlik ook tot seksualiteit, want saam met seksualiteit, kom ook weerloosheid - ’n lewens­aspek wat vrouens én mans raak.

Die eg-Afrikaanse karakters eer vroulike seksualiteit in al haar kompleksiteit en geheimsinnigheid. Die monoloë word vertolk deur Antoinette Louw (‘Inge’ van 7de Laan; Dis ek, Anna), Lulu Botha (Indien moeg, Stop/Rus) en Jacqui du Toit (Home Affairs; Bacchus in die Boland).

Kaartjies is R80. Bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za