Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koos Kombuis en Nicole Holm saam by Ou Meul

Koos Kombuis en Nicole Holm saam by Ou Meul
 
2010-05-27


OP Saterdag 5 Junie is Koos Kombuis en Nicole Holm met “Vry Voël” op die planke om 19:30 by die Ou Meul-teater.

Wat is ’n “glanspersoonlikheid”? Wat staan ’n Afrikaanse sanger te doen as hy wel die persoonlikheid het, maar nie die glans nie? Hy vra iemand met genoeg glans vir twee om langs hom te glinster!

In hierdie vertoning sal dit nie moeilik wees om te sien wie die “glans” verskaf nie, dit is Nicole Holm, wat met haar kragtige stem ’n nuwe dimensie gaan verskaf aan die Koos Kombuis solo-shows wat die afgelope klompie jare geleer ken is.

Die kroegstoel en die bottel rooiwyn sal nog steeds daar wees, die bekende lirieke en eenvoudige kitaarnote, maar hierdie keer is daar ook iets vir die oog, om nie van die kritiese oor te praat nie.

Koos Kombuis en Nicole Holm het geen bekendstelling nodig by Afrikaanse gehore nie, hy die ongeskeerde legende en profeet en sy die diva met die goue stem van Stellenbosch.

Kom kyk hoe hierdie twee uiteenlopende talente die lagspiere kielie en die hartsnare roer soos nooit tevore nie! Die voorprogram word behartig deur Hilandi du Toit.

Kaartjies is R80 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of by vstemmet@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za