Leefstylkalender
2010-06-04
* Salsa. Vanaf Juniemaand kan jy jou dansskoene aantrek vir die Breytenbach-sentrum se opwindende nuwe salsa-dansklasse elke Dinsdag en Donderdag vanaf 18:00 tot 19:00 aangebied. Toegang is R20. Bespreek by Olivia Ockhuis by 021-873-2786. * Celebration dinner. Dracufe Event Management will host a Potjiekos and Wine dinner party on 4 June at 18:00 at Groenheuwel Primary School. There will be a live jazz band, traditional dancers, and the diski dance and they will be celebrating six days to the Soccer World Cup. For tickets, contact 076-7899-471 or 072-584-2224. * Ondersteuningsgroep. Reik na Herstel borskanker-ondersteuningsgroep kom byeen op 3 Junie om 10:00 by Paarl Medi-Clinic se Raadsaal. Alle borskankerpasiënte of dames wat al met borskanker gediagnoseer was of is, word uitgenooi na die byeenkoms. Kontak Annaleen Genade by 072-523-0650 of 021-862-6733 of Hannalie Vergottini by 083-336-8695. * Koor soek lede. Die Paarl-koor oefen Maandagaande by die Ou Meulteater onder leiding van die bekwame koorafrigter Johannes Shickerling. Belangstellendes is welkom. Die groep het egter nog ’n klavier of elektroniese klawerbord nodig. As jy reeds neurie, in die stort sing en behoefte het om deel te wees van hartlike en volronde klank, kontak Trudy by 082-896-9863. * Opvoering. Hayashi-ha Karateklub se ‘Kinders van die Ses’ bied op 18 Junie ’n opvoering genaamd Housewives aan, in die Gemeenskapsaal teen R50 per kaartjie. Skakel 021-872-5745.
More
News
|