EK is ontsteld oor die munisipale uitgawes vir sokkerverwante pretprojekte.
Kan die Munisipaliteit asseblief vir my sê vir hoeveel honger en daklose mense hulle voeding en huisvesting kon gee met die miljoene wat hulle wil mors en uitrits met reise Nederland toe om te verneem van jolkolle vir die Nederlandse sokkerbesoekers en ander aksies wat met die sokkermalligheid verband hou?
Het hulle nog nie gehoor van video-konferensies, internet en e-posse waarmee die geagte raadslede dieselfde inligting baie goedkoper in die hande kon kry nie?
Graag sou ek ook wou weet watter reise, partytjies en ander maniere bedink gaan word om uit die R80 miljoen “wins” wat met die verhoogde kragtariewe gemaak gaan word, te finansier.
Dit is ’n skande om wins te probeer maak uit getroue belastingbetalers. Gierigheid was nog altyd ’n euwel, maar deesdae is dit mos mode. Nou het ek genoeg gehad.
Ansie Borman