JA, ons lees ook in Nederland van die probleem met die sokkervlae op Wellington (op Paarl Post se webwerf).
Die verontwaardiging is seker geplaas en die gramskap is ook te verstaan. Sulke foute tref ook die Nederlanders en dan is die Kasies, maar baie kwaad as dit met hulle gebeur.
Troos net, as die sokker pas verby is, is die rus weer terug en die toeriste onthou nog altyd Wellington as die mooi, gesellige dorp daar in die ou Kaap.
En onthou ons het julle stad baie geniet toe ons daar in Maart kom kuier het.
Anky en Cor Post