EK dink ek skryf namens ’n hele paar mense wat Sondag 30 Mei sonder krag gesit het.
Als goed en wel, ons het geweet dat die krag afgaan, maar griet teen 17:00 was daar nog geen krag nie!
Dis toe dat ek die Munisipaliteit wil bel om uit te vind wat nou aangaan, maar niemand antwoord nie of die foon is beset.
Ek dink regtig dit is pateties. Al wat ek wou hê, is dat daar iemand die foon antwoord en vir my sê hulle is jammer oor die ongerief, maar dat ons net moet vasbyt. Maar nee, al wat ek kry is die boodskap “the number you have dialled is unavailable”.
Sou dit nou so moeilik gewees het om ’n paar mense oortyd te betaal net om die telefone ’n bietjie te beman? Die munisipaliteit het sekerlik geweet hulle sou ’n paar oproepe gister ontvang. Veral nadat die krag vir ’n volle 15 minute aangegaan het en toe weer af (net toe ek uiteindelik die wasmasjien kon aansit en probeer kos maak). En daar staan ek toe weer in die pikdonkerte.
Ek is regtig baie ontevrede.
Paarliet