Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Belastingbetalers geld word so verspil

Belastingbetalers geld word so verspil
 
2010-06-04


EK dink daar’s ’n klomp van ons wat nie sal omgee om vir die Munisipaliteit te werk nie, wat nog van op die Raad te wees.

Terwyl vier van ons ampsdraers lekker jolyt hou op ons geld (die Sokker-skouspel het reeds amper begin en niemand gaan nou oorgehaal word om as die kaartjies reeds 98% uitverkoop is, ons land vir die sokker te kom besoek nie) is daar ook besluit om nou ’n publieke uitsaaigebied op te rig by Bolandpark wat ook weer ongeveer R1,5 miljoen gaan kos (die grootskerm TV beloop ’n hele R400 000).

Is daar nie reeds genoeg restaurante en kroëe wat eerder voordeel hieruit kon trek nie sonder dat die belastingbetaler weer eens moet hoes nie? Wat gaan ons ná die sokker met die TV maak ?

En dan nou die kersie op die koek, die tarief vir elektrisiteit gaan met 20% op, water en ander dienste styg ook.

Eskom voorsien die krag aan Munisipaliteite teen 40 sent per eenheid, ons betaal reeds R1 en dan nou nog 20 sent met die verhoging.

Bo en behalwe dat dit ’n lekker besigheid is, lyk my gaan die belastingbetaler aanhou om die vakansies en onlogiese besluite van die ampsdraers te finansier... maar daar is nie geld om slaggate reg te maak nie?

Le Roy




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za