Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Spreek verkoop van gesteelde goedere aan

Spreek verkoop van gesteelde goedere aan
 
2010-06-04


EK verwys na die berig van 20 Mei met betrekking tot die polisievrou wat haar selfoon teruggekry het, en die opkap van die brons vlakvark.

In die geval van kapt Nel het sy dadelik haar foon geaktiveer nadat sy dit eers “geblok” het en vandaar deur die hulp van die polisie het hulle ’n sein opgetel en toe is die arrestasie gedoen.

By verdere ondersoek het sy vasgestel dat haar foon dieselfde dag wat dit gesteel is, verkoop is aan Multi-Cell in Lady Grey-straat.

Dit is fantastiese polisiewerk, maar ongelukkig merk ek dat die polisie nie opgetree het teen hierdie handelaar nie. Die wet op tweedehandse handelaars met die aankoop en verkoop van goedere gee duidelike riglyne wat gevolg moet word.

Met elke aankoop en verkoop van tweedehandse goedere moet daar ’n voorgeskrewe register voltooi word van alle besonderhede van die goedere en verkoper en hierdie goedere kan alleenlik ná sewe dae vanaf datum van aankope weer vir verkope aangebied word.

Volgens kapt Nel kon hulle nie dadelik haar die gegewens van die verkoper gee nie en kon eers die volgende dag haar inlig. toe blyk dit dat die verkoper iemand anders se identiteitsdokument (ID) gebruik het.

Dit sal raadsaam wees indien die polisie hierdie handelaar ondersoek en hulle mag moontlik vind dat daar heelwat gesteelde selfone aangekoop en verkoop is in die verlede.

In ’n soortgelyke insident is die brons standbeeld van ’n vlakvark ter waarde van R220 000 net eenvoudig opgekap vir skroot waarvan die waarde nie veel meer as R1000 sal wees nie.

Dit is ook aangebied by ’n besigheid wat handel dryf met die aankoop en verkoop van skrootyster. Gelukkig in hierdie geval het die voornemende aankoper die polisie in kennis gestel.

Ons die gemeenskap is daagliks die slagoffers van misdaad en dan word ons eiendom wat gesteel of geroof word binne ure aan besighede verkoop wat dit op hul rakke geplaas vir herverkoop.

Dit is ’n nasionale polisie-instruksie dat hierdie plekke gedurig besoek moet word, die voorraad en die registers nagegaan moet word, want dit is ’n feit dat 85% van alle gesteelde eiendom op die rakke van sekere besighede beland vir herverkoop.

Bekommerde Neville Botha

* ’n Woordvoerder van die polisie, kapt Louise du Plessis, het gesê dat die spesifieke selfoonwinkel ’n boete opgelê is.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za