Afrikaanse rock-ster tree op
2010-06-04
DIE Afrikaanse rock-sangeres Karin K bied op 5 Junie om 19:00 haar musiekproduksie “Die verhaal van Annatjie Roux” aan in die Hugenote Laerskoolsaal. Alle fondse gaan vir die sendinguitreik na Malawi deur die NG Gemeente Wellington-Oos. Kaartjies is R40 (R20 vir skoliere) beskikbaar by W’rite Shoppe (Wellington) en die kerkkantoor (Elmarie 021-873-2690) en ook die aand by die deure. ’n Snoepie sal gedurende pouse beskikbaar wees.
More
News
|