Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Partye sê hulle sê oor begroting

Partye sê hulle sê oor begroting
 
2010-06-04

Sieb Sieberhagen

DIE Drakenstein Munisipaliteit kan nie só voortgaan nie. Só het die DA by monde van hul koukusleier, Koos Louw, gesê tydens verlede week se begrotingsvergadering waar tariefverhogings aan die orde van die dag was.
Die DA het in ’n amendement ’n 4%-verhoging in eiendomsbelasting vir die volgende vier jaar voorgestel, nadat daar verlede jaar klagtes was dat sommige mense tot 30% meer eiendomsbelasting betaal het.

Belastingbetalers gaan vanjaar gemiddeld 5% meer vir eiendomsbelasting betaal (eienaars van groter huise betaal heelwat meer as 5%), 20% meer vir krag, 10% meer vir water en 7% meer vir riolering en vullisverwydering.

Alhoewel die verhogings laer is as wat die konsepbegroting voorgestel het, is die DA steeds van mening dat Drakenstein se belastingskoers nie volhoubaar is nie.

“Drakenstein gaan binnekort met ’n probleem sit van krimpende inkomste vanweë die feit dat die gemiddelde belastingbetaler nie meer sy belasting en dienste kan betaal nie.

“Die bestaande werkswyse veroorsaak dat verhogings in belasting en dienstegeld kumulatief toeneem. Die grafiek wat die verhouding tussen werklike aankoopkoste van krag en die verkoopprys aantoon, beweeg al hoe verder uitmekaar.

“Dit beteken dat al vetter en buitensporiger winste (op krag) gemaak word,” sê hy.

Die DA beweer dat die Munisipaliteit in die komende boekjaar R80 miljoen wins gaan maak met elektrisiteit.

Burgemeester Charmaine Manuel het gesê dat die vasstelling van tariewe ’n uitdaging is om ’n balans tussen die volhoubaarheid van dienste en die versekering van bekostigbaarheid van dié dienste, daar te stel.

“Ons wil ’n regverdige, deursigtige en bekostigbare diens vir almal kan voorsien.

“Die armoedeverligtingmeganismes wat geïmplementeer word beteken dat behoeftige huishoudings 100 eenhede gratis elektrisiteit, R87,50 korting vir riool, R87,50 korting vir vullisverwydering en 10 kl gratis water sal ontvang.”

Solomon Ross van die OD het gesê dat dit jammer is dat die verbruiker weer sy gordel stywer sal moet trek.

“Ons sal graag net wil sien dat die inwoners se bydraes tot Drakenstein se ontwikkelingsplanne uitgevoer moet word,” sê hy.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za