Brand eis vierde slagoffer
2010-06-04
DIE Rusthof-brand het vandeesweek sy vierde slagoffer geëis, presies ’n maand ná dié tragiese voorval. Twee inwoners van Rusthof-ouetehuis, Gert van Rooyen (69) en Lodewyk Jansen (87), het op 1 Mei gesterf, toe ’n brand weens ’n elektriese kortsluiting in die siekeboeg ontstaan het. Die tehuis se oudste inwoner, Jacoba Galant (98), is die Maandag ná die brand aan haar beserings in Paarl Hospitaal oorlede. Nog ’n inwoner, Elaine Williams (67), is na die Tygerberg Hospitaal oorgeplaas, waar sy nooit weer haar bewussyn herwin het nie. Sy het nou gesterf. Haar bedroefde dogter, Elna Meyer, het gesê dat alhoewel die skielike afsterwe van haar ma haar van geweldige pyn verlos, is dit steeds ’n groot skok vir die familie. “Sy het twee veloorplantings ondergaan en was sedert die brand onder verdowing. “Dit was verskriklik om haar so te sien, want sy was ’n baie trotse vrou. Ons gaan haar baie mis.” Sy word oorleef deur sewe kinders, nege kleinkinders en een agterkleinkind. Williams se begrafnis vind Saterdag om 09:00 vanaf die huis in Titusstraat11 plaas, en om 10:00 by die Rivers of Joy Volle Evangelie Kerk, New Orleans. * Another victim of the fire which broke out a month ago at Rusthof old age home, has died.
More
News
|