Vandale slaan toe
2010-06-04
VANDALE het weer eens duisende rande se skade aangerig by ’n plaaslike skool. Toegang is Maandagaand verkry tot Bergrivier Hoërskool in Wellington, vermoedelik nadat vandale eers oor die heining geklim het, en houtgeboue se panele eenvoudig stukkend getrap het, om toegang te kry tot klaskamers. Hiér is rekenaars beskadig en die rekenaarnetwerk- en interkomkabels is uitgeruk. ’n Veiligheidshek van een van die klaskamers is beskadig, deurslotte is gebreek en internetkabels is geknip. ’n Metaal-fietsrak word vermis. Hendrik le Fleur, van Bergrivier, het gesê, “die skool spandeer jaarliks duisende rande aan instandhouding en ons begroting is reeds uitgeput. Skole trek oor die algemeen finansieel swaar en kan nie sulke onvoorsiene uitgawes bekostig nie.”
More
News
|