Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skool verduidelik

Skool verduidelik
 
2010-06-04


DIE Mary Help of Christians Primêre Skool, ‘n Engels-mediumskool in Paarl-Oos, was onlangs in die nuus, nadat kinders wie se skoolgeld agterstallig was, uit hul klaskamers verwyder is. Die kinders moes in ’n afsonderlike lokaal sit.

Volgens die skool se voorsitter, Justine Goliath, is dié onafhanklike skool se subsidie van die Wes-Kaap Onderwysdepartement substansieel minder as die subsidie wat gewone publieke skole ontvang.

“Boonop word die opvoeders se salarisse en munisipale rekeninge nie deur die WKOD betaal nie. Daar word van die skool verwag om alle uitgawes uit die lopende rekening te dek.

“Selfs die sewe klasamers wat die skool onlangs aangebou het, moes uit die lopende rekening finansier word.

“Die instandhouding van geboue is ook die skool se verantwoordelikheid. Alles in ag genome is dit duidelik soos daglig dat die skool nie kan oorleef net van die subsidie nie.

“Die beheerraad plaas ’n baie hoë premie op fondsinsamelingsprojekte en 100% betaling van skoolgeld - alle ouers weet dit.”

Volgens haar was die aksie van verlede week ’n eenparige besluit van die beheerraad, wat uitgevoer is deur die skoolhoof.

Op hierdie stadium voel die beheerraad dat die skool nie kinders kan akkommodeer as die ouers nie die minimale bedrag van R900 per jaar kan bekostig nie, en beveel baie sterk aan dat sulke kinders ’n heenkome vind by ’n Geen Skoolfooie publieke skool, waarvan sommiges ook Engels-medium klasse het.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za