Ploegdag vir ou trekkers
2010-06-04
DIE Swartland Veteraneklub bied ’n ploegdag vir veteraan-trekkers aan op Saterdag 5 Junie van 10:00 op ’n plaas by Abbotsdale buite Malmesbury. Die plaas is op die Kalbaskraalpad tussen Klipheuwel en Malmesbury (draai in by Nitrophoska sowat 5 km buite Malmesbury). Daar sal ’n verversingstent en vermaak vir kinders wees. Toegang is R20 (kinders R10). Vir navrae, skakel Cassie 082-859-2939 of Freddie 072-252-5381.
More
News
|