Seniors vier Bejaardeweek
2005-09-22
SATERDAG begin die jaarlikse Bejaarde Week en Rusthof Ouetehuis en die Dienssentrum in Paarl-Oos het 地 vol program beplan.
Die Dienssentrum het Saterdag om 09:30 地 kerkdiens in die Sewendedag Adventiste-gemeente in Paarl-Oos, met Rusthof se diens Sondag om 10:00 by die tehuis.
Maandag om 10:00 by Rusthof open burgemeester Herman Bailey die program amptelik.
Dinsdag besoek die seniors Drakenstein gevangenis, waar hulle ook middagete geniet.
Woensdag woon die Dienssentrum 地 sanggala op Laingsburg by, terwyl Rusthof konsert hou van 10:00 af.
Donderdag 29 September om 10:00 voer Weltevrede Sekond靡 hul musikale blyspel in die Zion-saal op. Die publiek is welkom en toegang is R5 by die deur.
Die volgende dag geniet die seniors 地 spesiale ontbyt en Saterdag 1 Oktober bereik die program 地 hoogtepunt. 地 Optog met voertuie en die personeel as trompoppies begin om 09:00 by Foodworld, gevolg deur 地 spoggerige ete.
Vrydag en Saterdag is daar stalletjies met handwerk en gebak by die tehuis. Mense wat graag bydraes wil maak, kan Rusthof skakel by 862-2230/8.
More
News
|