2010 se kampioen jongwyne gesoek
2010-06-04
DIT is eersdaags weer tyd vir Suid-Afrika se nuwelinge uit die 2010 oesjaar om aan te tree vir die SA Jongwyn Toekennings wat reeds vir 177 jaar die toon aangee in die beoordeling van jongwyne. Nagenoeg 2 000 jong wyne word jaarliks vir oorweging voorgelę. Die sluitingsdatums vir inskrywings is 24 Junie by die onderskeie streekswynskouverenigings en 12 Julie by die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV). Die kompetisie se gesogte Generaal Smuts Trofee, toegeken aan die algehele kampioen jongwyn, sowel as die Pietman Hugo Trofee aan die wynmakery met die hoogste puntetotaal vir vyf verskillende wyne, word deur die Suid-Afrikaanse wynbedryf erken as ’n outoritęre aanduiding van kwaliteit. Een van die veranderings aan vanjaar se kompetisie is dat deelnemers nou meer as een inskrywing per klas van dieselfde kultivar kan maak – ʼn versoek van deelnemers wat pas by die Raadsvergadering van die SANWSV goedgekeur is. Spesialis-panele vooraanstaande gekwalifiseerde wynbeoordelaars neem die inskrywings, wat in 17 kategorieë meeding, van 26 tot 30 Julie by die Nederburg Veilingkompleks deur hulle passies. Die uitblinkers word op 19 Augustus tydens ’n middagete bekend gemaak.. Besoek www.youngwineshow.co.za of die SANW se kantore. Kontak Sandra Lotz vir meer inligting by 021-807-3104, faks by 021-863-2079 of per epos na sandra@veritas.co.za.
More
News
|