Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-flitse

Rugby-flitse
 
2010-06-04


PAARL STREEKLIGA-UITSLAE

Allandale het Saterdag vir Pêrel United met 21-17 verslaan.

Allandale se drieë is gedruk deur Lionel Newman en Ronnie Prins. Boon Viljoen met 1 doelskop en 3 strafdoele geslaag het. Allandale II het 6-5 gewen.

* Albions se eerste span het Saterdag vir Violets 24-18 geklop op die Daljosafat-sportgronde. Albions II het 21-13 gewen en Albions III het 18-10 gewen.

Wedstrydbepalings: Saterdag (05/ 06/2010) speel Riverstones teen Young Standards (Daljosafat-stadion), Albions vs Laer Paarl (Dal C), Windmeul vs Pêrel United (Windmeul), Vineyards vs Violets (Dal D), Simondium vs Gardens (Simondium). Allandale het ’n loslootjie.

)PEOPLES BYT IN STOF

Young Peoples Rugbyklub het Saterdag 13-19 verloor teen Primrose.

Peoples se enigste drie was gedruk deur Mafuta Lategan, met Dominique Daniels wat dié drie verdoel het, asook twee doelskoppe bygevoeg het.

Saterdag kom Peoples te staan teen Tygerberg in ’n wegwedstryd.

) EVERGREENS KLOP VELDDRIF

Evergreens Rugbyklub het Saterdag weer bewys dat hulle ’n span is om mee rekening te hou vanjaar, deur al drie hul wedstryde teen Velddrif te wen.

Evergreens se eerste span het 25-16 gewen, met Adriaan Jacobs en André Andreas en Jeremy Koukom die driedrukkers. Kelvin Beffels was in die kol met twee doelskoppe en twee strafdoele.

Evergreeens speel die komende naweek tuis teen Good Hopes.

) NEWTONS SIT SEGETOG VOORT

Newtons Rugbyklub het Saterdag vir sy ondersteuners groot vreugde verskaf deur sy eerste wegwedstryd van die jaar te wen deur Malmesbury Rugbyklub met 32-13 te verslaan.

Met dié oorwinning het Newtons hul posisie as naasvoorlopers verstewig. Die rustydtelling was 20-8.

Newtons se uitblinkers was Jacquin Ruthford (1 drie, 2 doelskoppe en ’n strafdoel), J Jansen (1 drie), R April (1 drie), M van Wyk (1 drie), Roderick Loverlott (kaptein) en Juwen Williams.

Newtons speel Saterdag weg teen Velddrif. Vervoer vertrek 10:00 (R50).

) VILLAGERS TRAP EAGLES

Newton Villagers het Saterdag vir Young Eagles van Malmesbury met 35-10 gewen op die Daljosafat-sportgronde.

Voorlangs het Villagers se Denzil Manuel, Cardo Fortuin en Tim Davids die lewe moeilik gemaak vir hul opponente.

Villagers se driedrukkers was Sean Paulse, Bjorn Hollenbach (2 drieë), Neil de Koker en Morné Baron. Vernon Philander het geslaag met twee strafdoele en twee doelskoppe.

Eerskomende Saterdag speel Villagers weg teen United Stones.

) RANGERS TROEF YOUNG STARS

Paarl Rangers het verlede Saterdag ’n goeie oorwinning van 29-11 oor Young Stars behaal. Goeie kommunikasie en samespel was die resep vir dié oorwinning. Ook die 2de en 3de spanne het goeie oorwinnings behaal.

Saterdag speel Rangers teen Atlantis op die Faurestraat-stadion.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za