Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2010-06-04


BOLAND HALF-MARATHON

Die Boland Half-marathonkampioenskappe vind 12 Junie plaas en spring om 07:45 weg by die Daljosafat-stadion.

) KARATE

Vanaf 2 Junie tot einde Junie bied Hayashi-Ha Karate in die Paarl gratis klasse aan vir skoliere (by die sportsentrum in Ambagsvalleistraat). Die doel is om kinders besig te hou en om vir hulle insig te gee in karate. Klasse begin 17:30 tot 18:30, Maandae en Woensdae. Skakel 021-872-5745.

* ‘Kinders van die Ses’ bied op 18 Junie

’n opvoering genaamd Housewives aan, in die Gemeenskapsaal teen R50 per kaartjie. Skakel 021-872-5745.

) KLEIN BOISHAAI GHOLFDAG

Klein Boishaai se negende jaarlikse gholfdag vind 3 September plaas by Paarl Gholfklub vanaf 11:30. Die formaat is ’n vier-bal en inskrywings wissel tussen R1600 en R2000 (afhangende of maatskappye advertensie-borde wil plaas) en sluit in ’n geskenkpak en ’n ligte ete waartydens wederhelftes ook welkom is teen ’n ekstra fooi van R100.

Stuur aansoeke en vrae na allysel@seldenrod.co.za of stuur ’n faks na 021-872-0689. Kontak 083-324-8360.

) NEW ORLEANS OUD-STUDENTE

Oud-studente van New Orleans Sekondêr hou ’n vergadering op 3 Junie om 18:30 by New Orleans skool oor die oud-studente dag en kleredrag.

) RUGBYKAMPE IN VAKANSIE

Die Stellenbosch Rugby-akademie bied tydens die komende vakansie rugbykampe aan vir o.6 tot o.14 spelers/spanne te Stellenbosch en Durbanville vanaf 7 tot 9 Julie, asook by Worcester vanaf 16 tot 18 Junie. Dié kampe vind vanaf 09:00 tot 13:00 plaas en kostes is R350 (insluitend ’n hemp, pet, sertifikaat en medalje). Kontak 021-887-7432 of info@stellenboschrugbyakademie.co .za of besoek www.stellenboschrugbyakademie.

) RUGBY OP GROOTSKERM

GMT Paarl-Oos krieketklub gaan op 12 Junie alle rugbytoetswedstryde op ’n grootskerm uitsaai, by die klubhuis te New Orleans vanaf 09:30. Wedstryde wat uitgesaai gaan word, is Nieu-Seeland teen Ierland, Australië teen Engeland en Suid-Afrika teen Frankryk.

) TABLE TENNIS

Wellington Table Tennis Club invites all interested parties to visit their newly established club at the Safmarine Multi-purpose Centre in Coode Street, Van Wyk’s Vlei, Wellington. Practice sessions are on Wednesday evenings from 19:30 to 21:30. Contact Roger Baxter at 082-4510-273.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za