Wellington seëvier
2010-06-04
DIE eerste span van Wellington CPUT Rugbyklub het Saterdag ’n goeie 36-30 sege oor Abbotsdale behaal. Die rustydtelling was 24-22 in Wellington se guns. Regis Daniels het twee drieë vir die wenspan gedruk, terwyl Chris Buckle, Ernie Hugo en Alfredo Barends elk ook ’n vyfpunter behaal het. Gerhard Swart het vier doelskoppe en ’n strafdoel aangeteken. Saterdag kom Wellington op hul tuisveld te staan teen Robertson.
More
News
|