Pniel Villagers speel klaar met Tygerberg
2010-06-04
’n VASBERADE Pnielspan het Saterdag die sterk span van Tygerberg naelskraap met 28-27 geklop om ’n tuisoorwinning in te palm. Dié wedstryd was die eerste tuiswedstryd vanjaar vir Villagers. Die besoekers het met pragtige aanvallende rugby die eerste helfte oorheers en het met 14-6 teen rustyd voorgeloop. Voorlangs was Charlston Williams (agtsteman) en Radley Lackay (slot) en die jeugdige Melrick Thomas (flank) ysters, met die losskakel Stefanus Cedras die generaal. Pniel se driedrukkers was Fernando Adams, Radley Lackay en Dimitri Noble. Stefanus Cedras het drie straf- en twee doelskoppe behaal.
More
News
|