Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong boer gaan Toyota bakkie kry

Jong boer gaan Toyota bakkie kry
 
2010-06-10


TOYOTA Suid-Afrika en Agri SA het weer eens kragte saamgesnoer om die Jong Boer van die Jaar-kompetisie te verwesenlik.

Dit is vanjaar die sewende jaar wat Toyota en Agri SA saamwerk en vanjaar sal die wenner weer ’n baie spesiale Hilux-bakkie as prys ontvang. Vanjaar sal die Jong Boer van die Jaar en die wenner van die New Harvest kompetisie elk ’n bakkie tydens ’n gekombineerde gala-funksie in November ontvang.

Die Jong Boer van die Jaar-kompetisie is die saamloop van nege provinsiale kompetisies waar jong boere, tussen 18 en 35, deelneem. Dié boere moet vir minstens twee jaar ’n lid van ’n provinsiale affiliasie van Agri SA wees.

Die nege finaliste, een uit elke provinsie, word aan ’n wye reeks kriteria gemeet, insluitende hul boervernuf, finansiële en sakevernuf en verskeie ander wetenskaplike maatstawwe.

Die welbekende prof Carlu van der Westhuizen staan aan die hoof van die paneel beoordelaars wat elk van die finaliste oor die loop van ’n paar weke in Oktober finaal sal beoordeel, voor die algehele wenner aangewys word.

“Om ’n jong boer te wees in ons mooi land het sy eie uitdagings, maar dit bly steeds ’n voorreg.

“In ’n tyd wat alles onseker lyk, maar aangevuur deur hoop en vasberadenheid, glo ek jong boere sal alles wat hulle in die gesig staar die hoof kan bied. Die toekomstige sukses van die landboubedryf rus op die skouers van jong boere,” sê Carl Opperman, voorsitter van Agri SA se Kommunikasie- en Beeldbou-komitee.

“Ons wil ’n beroep doen op alle jong boere om aan die kompetisie deel te neem deur hulle provinsiale kantoor te nader,” sê Opperman.

“Boerdery is ’n hoogs gespesialiseerde en veeleisende beroep en suksesvolle boere moet ’n wye reeks uiteenlopende en uitdagende areas bestuur en ook baie onverwagse uitdagings die hoof bied.”

Toyota Suid-Afrika het bevestig dat hy weer eens die New Harvest-kompetisie vir opkomende boere sal aanbied. Die wenner sal sy prys ontvang tydens dieselfde gala-aand waartydens die Agri SA/Toyota SA se Jong Boer van die Jaar aangewys sal word.

Die New Harvest-kompetisie is gemik op voorheen benadeelde boere wat ’n plaas vir minder as vyf jaar besit of bestuur.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za