Rugby-flitse
2010-06-10
CRAVENWEEK
IN die komende skoolvakansie gaan die volgende rugbytoernooie plaasvind: * Die o.16 Grand Khomo-toernooi vind 13 tot 16 Junie plaas in Upington. * Die o.18 Akademieweek vind van 20 tot 24 Junie in Vryheid (Natal) plaas. * Die o.18 Cravenweek-toernooi vind 27 Junie tot 3 Julie plaas in Welkom.
JEUGDAG RUGBY-TOERNOOI
Allandale Rugbyklub bied op 16 Junie ’n junior rugbydag aan te Allandale sportvelde. Junior spanne (o.14’s en o.16’s) sal in aksie wees. Spanne wat hul deelname bevestig het, is Vineyards, Standards, Riverstones, Violets en Albions. Die loting geskied vandag te Allandale om 19:00. Kontak 072-173-3822.
JUNIOR RUGBYKAMPE
Die Stellenbosch Rugby-akademie bied tydens die vakansie rugbykampe aan vir o.6 tot o.14-spelers en spanne te Stellenbosch, Durbanville (7 tot 9 Julie) en Worcester (16 tot 18 Junie). Kampe vind 09:00 tot 13:00 plaas en kos R350 (insluitend ’n hemp, pet, sertifikaat en medalje). Kontak die Akademie by 021-887-7432 of info@stellenboschrugbyakademie.co.za.
KLUBRUGBY
* Young Peoples val weer vas
Young Peoples het Saterdag 22-23 verloor teen Tygerberg. Die Paarliete se enigste drie is gedruk deur Francois Julies. Dominique Daniels het ’n doelskop, vier strafdoele en ’n skepskop behaal. Vrydag meet Peoples kragte teen Primrose op Faurestraat.
* Villagers Newton trap Stones
Villagers Newton het Saterdag vir United Stones 23-17 geklop. Villagers se verdediging was deurslaggewend, met Tim Davids, Eier Manuel en Chuckey Rubein aan die voorpunt. Villagers se driedrukkers was Anthony Madmax, Jos Juries en Chuckey Rubein, met Papie Juries wat een doelskop en ’n strafdoel behaal het. Bjorn Hollenbach het ook ’n strafdoel bygevoeg. Villagers B het 10-8 gewen, danksy ’n drie deur Rhino Demas.
* Young Standards vergader
Young Standards Rugbyklub se ‘Old Boys Club’ vergader Saterdag 12:00 by Ebenezer Primêr vir hul 120-feesjaar met ’n bring en braai. Alle oud-lede of persone met verbintenis aan Young Standards is welkom om aan te sluit. Kontak George Fredericks by 021-862-4066 of die sekretaris by 082-731-4879.
* Rangers klop Atlantis
Paarl Rangers het Saterdag ’n 33-22 oorwinning oor Atlantis behaal. Rangers se drieë is gedruk deur Norman Kermis (2), John-Lee Nortje en Fabian Dirkse. Sergio Nortjé het die res van die punte aangeteken. Rangers II het 15-15 gelykop gespeel en die derde span het 20-0 gewen. Rangers speel Vrydag teen Young Stars op die Daljosafat-stadion. Spelers moet reeds 18:00 aanmeld.
More
News
|