Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2010-06-10


BOLAND HALFMARATHON

Die Boland Halfmarathonkampioenskappe vind 12 Junie plaas en spring om 07:45 weg by die Daljosafatstadion.

EDU HOU JAARVERGADERING

Drakenstein Edu Krieketklub hou sy algemene jaarvergadering 16 Junie om 10:00 by Boland Kollege in die Drakensteinsaal (onderste kampus).

Belangstellendes en nuwe lede is ook welkom.

Kontak W Philander (083-393-0762) of W Schoor (076-383-2082).

KLEIN BOISHAAI GHOLFDAG

Klein Boishaai se negende jaarlikse gholfdag vind 3 September plaas by Paarl Gholfklub vanaf 11:30.

Die formaat is ’n vier-bal en inskrywings wissel tussen R1600 en R2000 (afhangende of maatskappye advertensie-borde wil plaas) en sluit in ’n geskenkpak en ’n ligte ete waartydens wederhelftes ook welkom is teen ’n ekstra fooi van R100.

Stuur aansoeke en vrae na allysel@seldenrod.co.za of stuur ’n faks na 021-872-0689. Kontak 083-324-8360.

RUGBY OP GROOTSKERM

GMT Paarl-Oos Krieketklub gaan op 12Junie alle rugbytoetswedstryde op ’n grootskerm uitsaai, by die klubhuis te New Orleans vanaf 09:30.

Wedstryde wat uitgesaai gaan word, is Nieu-Seeland teen Ierland, Australië teen Engeland en Suid-Afrika teen Frankryk.

WINDBUKS-SKIET

Cape Air Rifle hou ’n windbuks-skietdag op 12 Junie vanaf 09:00.

Kontak Jacques by 083-560-3141 of besoek www.capeairrifle.co.za vir meer inligting (tyd, koste en roetekaart).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za