Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hengelaars beleef moeilike dag

Hengelaars beleef moeilike dag
 
2010-06-10


TYDENS die vierde kompetisie van die Paarl Varswater-hengelklub wat Saterdag in mooi weerstoestande by die Groenberg-dam aangebied was, het Magriet van Eck vir die manne gewys hoe dit gedoen moet word.

Op ’n dag waar die visse maar traag was om te byt, het sy die regte resep gehad om die visse mee te flous en 22 visse gevang met ’n gewig van 10,8 kg om algeheel eerste vir die dag te eindig.

Magda Otto het tweede gekom onder die vroue (algeheel 6de) met Lucy Esterhuyse in die derde plek.

In die mans-afdeling was dit Daniel Vosloo wat die beste gevaar het met 12 visse vir 13,9kg. Hy het ook die grootste vis vir die dag gevang (’n pragtige baber van 8,8kg).

In die tweede plek was Paul Greyling junior met 12 visse vir 8 kg en in die derde plek was Phillip Theron met 7 visse vir 3,5kg.

Altesaam 27 hengelaars het deelgeneem en 99 visse is vir die dag gevang.

Ná vier kompetisies is daar nou drie manne wat baklei vir die eerste plek, met Sydney Diedericks wat voorloop met 196 punte. Phillip Theron is in die tweede plek, ook met 196 punte, en Paul Greyling junior is in die derde plek met 195 punte.

Sydney is ook die voorloper in die meesters-afdeling met David Kotze in die tweede plek met 171 punte.

Emile Saayman is die voorste junior met 145 punte.

Magriet van Eck is nou die voorloper onder die vroue met 133 punte, gevolg deur Magda Otto (tweede met 107 punte) en Lucy Esterhuyse (derde met 102 punte).

* Eerskomende Saterdag het die Paarlklub hul jaarlikse kompetisie teen die Weermagklub by die Voorbergdam te Porterville. Die volgende klubkompetisie is Saterdag 19 Junie by die Noorder-Paarl dam



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za