Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Villagers val naelskraap vas

Villagers val naelskraap vas
 
2010-06-10


DIE eerste rugbyspan van Pniel Villagers was Saterdag weer eens aan die verloorkant toe Hands & Hearts hulle naelskraap met 32-30 geklop het.

Die besoekende Villagers was rustyd met 9-8 die voorlopers.

Soos al te dikwels dié seisoen die geval was, was genoeg kanse geskep om punte aan te teken maar gebrekkige afronding en swak besluitneming het Villagers dié wedstryd gekos.

Villagers se onvermoë om voorlangs te domineer, het beteken dat die tuisspan se voorspelers goeie besit aan hul giftige agterlyn kon bied, met vier drieë in die tweede helfte die gevolg hiervan.

Hoewel Pniel alles in die stryd gewerp het om die wenpunte aan te teken, was die agterstand net te groot om in te haal en moes hulle tevrede wees met een bonuspunt.

Vir Villagers het Enrico du Preez sy hart uitgespeel. Villagers se puntemakers was Earl Cyster (1 drie), Melrick Thomas (1 drie) en ’n strafdrie. Stefanus Cedras het met een skepdoel, twee strafdoele en drie vervyfskoppe geslaag.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za