Streekspan buig knie
2010-06-10
DIE rugbyspan van die Paarlstreek het Vrydagaand in ’n spannende wedstryd met 17-18 vasgeval teen Milnerton in ’n wegwedstryd.
Die wedstryd is in omstredenheid gedompel nadat Milnerton die wenpunte in die 51ste minuut van die tweede helfte aangeteken het, eers nadat die flank Thaamir Moerat met ’n geelkaart van die veld gestuur was. Paarlstreek het vroeg reeds die oorhand oor die groter en swaarder agtal van Milnerton gehad, met die kaptein Brandon van Schoor wat reeds in die tiende minuut gaan druk het, ná afloop van skitterende samespel. Rico Davey het dié drie verdoel en ook met ’n strafdoel geslaag om die rustydtelling op 10-6 te staan te bring. Paarlstreek het vroeg in die tweede helfte toegeslaan toe die vleuel Guran Kulsen ’n goeie agterlynbeweging afgerond het. Milnerton het egter teruggeslaan met ’n onverdoelde drie om binne trefafstand te kom. Verskeie onbestrede skeidsregterbeslissings het uiteindelik tot ’n wendrie vir Milnerton gelei. Vir Paarlstreek het die agsteman Jenovan Cornellissen uitgeblink terwyl die veteraan Cullen Andrews bestendig vertoon het op binnesenter.
Paarlstreek se volgende wedstryd is Dinsdagaand (15 Junie) teen Langa te Langa en Vrydagaand (18 Junie) teen Van der Stel te Stellenbosch.
Paarlstreek se oefengroep is: Andrew Jacobs, Lionel Newman, Daniel Kunene (Allandale Rugbyklub), Guren Kulsen, Lee Blaine, Donnie Fredericks (Laer Paarl), Jaco Simonse, Wilfred Solomons, Jerome Matthyse (Windmeul United), Tabak Abrahams, Justin van Schoor, Oliver Jacobs, Rowen Fortuin (Young Gardens), Julian Magengu, Johnwin Fortuin (Simondium), Bradwill Swartz (Violets), Enrico Davey, Brandon van Schoor, Charl Hendricks (Young Standards), Jacques Hendricks, Alvin Farmer, Junat Moerat (Vineyards), Christopher Mowers, Guswin Claasen, Heinie Pretorius, Werner Pretorius (Riverstones), Jenoven Cornelissen, Bradmin Arendse en Hendrik Kunene (Albions).
* Dié spelers oefen Maandag 14 Junie vanaf 18:00 te Daljosafat-stadion.
More
News
|