Violets maak vir Vineyards skrik
2010-06-10
DIT was so hittete of Vineyards was Saterdag sy onoorwonne status in die Paarl Streekliga kwyt, toe ’n begeesterde Violets-span hul ingewag het op die Daljosafat-sportgronde. Violets, wat tot dusver vanjaar nog net een oorwinning in nege wedstryde kon behaal, het uiteindelik met 9-14 vasgeval teen die liga-voorlopers. Violets het dié wedstryd teen ’n hoë tempo begin, wat gelei het tot twee vroeë strafdoele deur Bunch Swarts. Violets se agterlyn het veral beïndruk, met Jean Isaks wat gereeld by die agterlyn aangesluit het om Vineyards te laat rondskarrel. Vineyards het egter in die doodsnikke die knoop deurgehak, toe Ricky Jordaan geslaag het met die deurslaggewende strafskop van die wedstryd. Violets en Vineyards se tweede spanne het 3-3 gelykop gespeel en Vineyards III het 21-5 gewen. * Met die span wat die volgende twee weke ’n loslootjie geniet, hou Violets op 25 Junie ’n Funksie by N Mouton se woning te Tannerstraat 15, Langvlei.
Ander Streekliga-uitslae: Riverstones klop Young Standards 17-12; Windmeul United klop Pêrel United 39-12; Young Gardens klop Simondium 11-10.
Wedstrydbepalings: Saterdag speel Vineyards teen Laer Paarl op die Daljosafat-stadion. Die ander Streekliga-spanne is nie die naweek in aksie nie.
More
News
|