Gekweste Paarl slag Goodwood
2010-06-10
PAARL RUGBYKLUB se eerste span het Vrydagaand vir Goodwood met 34-5 in Goodwood geklop.
Dié oorwinning was welverdiend, veral as in ag geneem word dat 10 van Paarl se gereelde eerste span spelers weens beserings en siekte nie beskikbaar was nie. Die skitterende losvoorspeler, André Coetzee, moes noodgedwonge op slot uithelp, maar sy werkywer was nogtans beloon met 2 drieë. Nog ’n lid van verlede jaar se uitstaande Paarl o.20-span, die regtervleuel Ludolf Pretorius, het ook twee drieë gedruk terwyl ’n derde lid van daardie span, die senter Louis Schlechter, die vyfde drie gedruk het. Schlechter het egter sy gewoonlik akkurate skopskoen by die huis vergeet en kon slegs met een strafdoel slaag. Die losskakel Clive Samuel het later die skopwerk oorgeneem en met 3 doelskoppe geslaag. Uitblinkers vir Paarl was André Coetzee en die veteraan heelagter, Marco Martin. Paarl se tweede- en derde spanne het ook geseëvier. ) Paarl moet moontlik eerskomende naweek die uitgestelde wedstryd teen St Georges tuis speel, maar wag nog vir uitsluitsel deur die WP.
More
News
|