Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Besoek museums op Erfenisdag

Besoek museums op Erfenisdag
 
2005-09-22


NASIONALE Erfenisdag word hierdie Saterdag landwyd gevier. Inwoners en besoekers kan Saterdagoggend by die Paarl se museums inloer om meer oor verskillende fasette van ons erfenis te wete te kom.

Die museums is slegs vyf minute van mekaar af geleë, aan weerskante van die Toringkerk, net ’n klipgooi vanaf die Hoofstraat.

By die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan is daar tans op die boonste verdieping ’n moderne multimedia-uitstalling oor die wortels en variante van Afrikaans.

Hier kan jy jou kennis toets van idiome en gesegdes, luister hoe mense oor die land heen Afrikaans op hul eie unieke manier praat, en uitvind wat die oorsprong van Afrikaanse woorde is, soos byvoorbeeld van die woord “baie” - een van vele woorde wat ons uit Maleis geërf het.

Die tema van Paarl Museum is die geskiedenis van die dorp - die derde oudste Europese nedersetting in Suid-Afrika.

Die museum se uitstallings werp ’n nostalgiese terugblik op die dorp se ryk en uiteenlopende geskiedenis.

Dit begin by die vroeë mense, Homo Erectus, die latere Khoekhoen en San groepe, en kyk ook na die veranderinge wat plaasgevind het ná die totstandkoming van die Europese nedersetting, insluitende slawerny.

Albei museums is op Saterdae oop van 09:00 tot 13:00. Vir meer inligting oor Paarl Museum, skakel 872-2651. Kontak die Taalmuseum by 872 3441 of besoek www.taalmuseum.co.za.

* Paarl Museum het 'n ope dag op 6 Oktober van 10:00 tot 13:00.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za