Gimmies hol Landbou bont
2010-06-10
OP Hoërskool Gimnasium se velde het die Gimmies verras met ’n reuse 76-13 sege oor Hoër Landbouskool Boland.
Die Gimmies het hul bure van Agter-Paarl met selfvertroue aangedurf en hoewel die bal by tye net reg gespring het vir die wenspan, is daar geen twyfel in hul vermoëns nie. Gim word immers nie verniet beskou as die tweede beste skolerugby-span in die land nie. Grey Kollege van Bloemfontein is tans die voorste skolespan in Suid-Afrika. Gim se vleuel Conrad Loubser het drie drieë vir sy span behaal, met Luqmaan Ismael, Christiaan Bosch, HP Momsen, Lance Ruthford, Christiaan Smit, Niel Claassen en Willie Viljoen wat vir die ander drieë gesorg het. Viljoen het ook 10 doelskoppe en ’n strafdoel behaal.
Op Stellenbosch het Paul Roos Gimnasium vir ’n reuse opskudding gesorg toe hulle die strek span van Hoër Jongenskool met 31-17 geklop het.
HJS se drieë is gedruk deur Heinrich Boje en Stephan Coetzee, terwyl Gavin Hauptfleisch 2 doelskoppe en ’n strafdoel bygevoeg het.
Klein Nederburg Sekondêr het onlangs 8-49 vasgeval teen HTS Drostdy. Drostdy was rustyd 11-3 voor.
Conwall Cleophas het KN se enigste drie behaal, terwyl Tylan Paulse ’n strafdoel bygevoeg het.
Hoërskool Labori het Saterdag met 20-17 geseëvier, ná afloop van ’n kwaai kragmeting teen Hottentots-Holland. Labori se drieë is gedruk duur Logan Buchanon en Harlon Claasen, met Nicol Pienaar wat 2 straf- en 2 doelskoppe bygevoeg het
More
News
|