Aksie om Huis Cummings te red
2010-06-10
Christine Siebrits
DIE Aksievergadering wat Maandag by die Wellington Museum gehou is om sake rondom die afgebrande koshuis van Hugenote Kollege, Huis Cummings, te bespreek, is baie goed bygewoon en ’n komitee is gekies om voorbrand te maak vir die herbou daarvan. Die NG Kerk Wes- en Suid-Kaapland is die eienaar van die geboue van Hugenote Kollege. Die gebou word per gebruiksooreenkoms aan die Hugenote Kollege beskikbaar gestel vir benutting van onderrig en die kollege is verantwoordelik vir die versekering en instandhouding. Die eerste prioriteit is om fondse te bekom om die afgebrande gebou met ’n permanente dak te bedek sodat daar nie verdere reënskade aangerig word nie. ’n Beroep word nou op die breë gemeenskap gedoen om betrokke te raak met geldelike bydraes. Kontak prof Johan Viljoen, rektor van die kollege, Daar vind vanaand om 17:30 ’n dringende opvolgvergadering plaas by die Wellington Museum en vandaar word Huis Cummings besoek. Alle belangstellendes is welkom. Mense wat verder betrokke wil raak, kan ook met Christine Siebrits per e-pos in verbinding tree by d.j.s@mweb.co.za.
More
News
|