Ontevrede met Raad
2010-06-10
EK wil my ontevredenheid uitspreek oor die swak diens van die Drakenstein Munisipaliteit. Meer as ’n maand gelede het ek met my voertuig in ’n gat gery wat gegrawe was deur die munisipale werkers. Daar was geen waarskuwingstekens aangebring nie. Ek stuur aan hulle ’n brief waar ek my situasie verduidelik asook die skade aan my voertuig, kry twee kwotasies soos aangevra was deur hulle en ek doen elke dag moeite om te hoor hoe ver die proses is. Kontak ek hulle, lui die foon die hele dag. Ek het vir ’n maand probeer om die relevante amptenaar in die hande te kry, ’n e-pos was aan hom gestuur en geen terugvoering is ontvang nie. Ek is later elektronies ingelig deur ’n klerk dat my eis afgekeur is, “aangesien u bewus was van die gat en dat die gat vir twee weke met veiligheidslint beskerm was”. Watter mens gaan ry bewustelik in ’n gat? En moet die lint nie heeltyd om die gat gesit word nie? Die Drakenstein Munisipaliteit se diens is pateties. Dit sal raadsaam wees om al julle mense op ’n kursus te stuur oor hoe om met hul kliënte te werk. Porcha
More
News
|