Brand-slagoffer sterf
2010-06-10
Lise Beyers
地 TIENER wat 地 slagoffer was van die onlangse brand in Amstelhof, Paarl, het aan haar beserings gesterf. Natalie Fortuin (18) was voorverlede Sondagaand tuis saam met haar suster, Bridget (14), en kinders Fallon (3) en Trevino (1), toe 地 brand hul informele woning in 地 agterplaas in Suikerbekkiestraat verswelg het. 地 Buurman het daarin geslaag om die kinders uit die vlamme te red, maar die susters was reeds erg verbrand. Natalie se kinders het minder ernstige brandwonde opgedoen. Die meisies se ma, Radio KC godsdiens-omroeper Magda Fortuin, was tydens die brand op die lug saam met pastoor Graham Taff. Natalie en Bridget is weens die erns van hul beserings vanaf Paarl Hospitaal oorgeplaas na die brandwond-eenheid by Tygerberg Hospitaal. Maar hi駻 het Natalie Sondagoggend gesterf. Bridget verkeer steeds in 地 kritieke toestand, en daar word gevrees vir haar lewe. Natalie se begrafnis vind Saterdag om 10:00 plaas vanuit die Volle Evangelie Kerk in Orleanslaan, New Orleans. 地 Noodfonds is deur die gemeente gestig vir die Fortuin-gesin, wat alles in die brand verloor het. Skenkings kan gemaak word in die rekening van die gemeente (072204721) by Standard Bank Paarl (verwysing :Fortuin Fonds). * One of the teenage victims of a recent fire in Amstelhof has died.
More
News
|