Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sokkerhuisvesting 'n foefie?

Sokkerhuisvesting 'n foefie?
 
2010-06-10


EK sal graag wil verneem van diegene wat ’n kontrak gesluit het met ’n groot maatskappy vir die verhuring van kamers in hul huise vir die wêreldbeker-sokkertoernooi. Ons is ’n klomp geld belowe, maar daar was nooit genoem van die kommissie (30%), besprekingsfooi (10%) en BTW (14%) nie - in totaal 54%.

Dit staan wel in die kontrak in fynskrif, maar is nooit mondelings verduidelik nie (ek het blindelings geteken).

Nadat ek ’n eenmalige bedrag betaal het en ’n maandelikse bedrag om op hul webtuiste te verskyn, kry ek ’n e-pos, tien dae voor die afskop van die toernooi, dat ons die voorgestelde tariewe, moet verminder anders word ons van hul webtuiste verwyder.

Ek wonder of enigiemand ooit ’n bespreking gekry het?

Ek sou aanbeveel dat alle intekenare hul geld terug eis. Die Wellingtonse agent van dié firma antwoord nie my oproepe nie. Skakel my by 082-321-3079 as jy ook ’n bloutjie geloop het.

K van Wyk




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za