Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Planne vir leerders tydens skoolvakansie

Planne vir leerders tydens skoolvakansie
 
2010-06-10

Devidean Moses

MET die afskop van die Wêreldbeker-sokkertoernooi hierdie week, gaan leerders ’n vakansie van vyf weke geniet.

Amstelhof Primêr stel van volgende week elke Dinsdag tot Donderdag van 10:00-14:00 leerfasiliteite beskikbaar en sal ook kos aan kinders wat opdaag, verskaf.

Eric Meyer, hoof van Daljosafat Primêr, het aan sy leerders elkeen ’n kospakkie verskaf vir die vakansie.

Hilton Bailey, St Albans se skoolhoof, is bekommerd dat volgehoue leer skade sal ly, en het sterk by sy opvoeders aanbeveel dat hulle aan leerders huiswerkprojekte en navorsingstake gee vir die vakansie.

Kadin Lewis, hoofseun van St Albans Primêr, gaan tydens sy skoolvakansie by die skool aan die Cami-wiskundekompetisie deelneem. Slegs gekeurde graad sewe leerders van verskeie skole kan meeding.

“Ek wil sommer soveel as moontlik oefen, sê hy.

Die skole Dalweide Primêr, Groenheuwel Primêr, Imboniselo Primêr, gaan ook aan hulle leerders aktiwiteite verskaf.

Matriekopvoeders van Klein Nederburg Sekondêr gaan vanaf 10 Junie tot 9 Julie met die matrikulante werksessies hou. Die doel van die sessies is om in die praktiese vakke af te handel, inskerping te doen by vakke wat nie die teiken gehaal het nie, maar veral ook te fokus op die leerders wat volgens die Junie-uitslae se ontledings nog nie eksamen-gereed is nie.

Vakansiepret

Die sessies sal soggens 08:30 tot 10:30 begin met ’n pouse vanaf 11:00 tot 13:00. Die sessies is verpligtend vir diegene wat deur die opvoeders geïdentifiseer word. In sommige gevalle is dit die hele vakgroep (praktiese vakke) en in ander gevalle is dit kleiner groepe.

Ook die biblioteke gaan moeite doen om kinders besig te hou. Die Vanwykvlei-biblioteek sal elke dag vanaf Maandag 14 Junie tot 8 Julie aan die lesers pretaktiwiteite soos gesigverf, sokker-blokkiesraaisels, televisievertonings en legkaarte aanbied.

Die Wellingtonse biblioteek en die Breytenbach-sentrum gaan gedurende die vakansie saam spesiale programme vir skoolkinders in die Breytenbach-sentrum aanbied, elke dag van 24 Junie tot 1 Julie.

Kinders van 5 tot 11 jaar oud kan aan die programme deelneem en die koste beloop R30 per dag.

Hein die Nar, Crafty Kids, ’n brandweerdemonstrasie, storielees en ’n opvoering van Jan in die Boontjierank is maar enkele van die programme wat aangebied gaan word. Meer besonderhede kan by 021-873-2786 verkry word.

Drakenstein biblioteek sal vanaf 28 Junie elke weeksoggend vakansiepret aanbied van 10:00 tot 12:00. Op 5 tot 8 Julie sal die brandweer veiligheidsessies doen.

Die Meulstraat biblioteek sal vanaf 14 Junie elke oggend om 10:00 opwindende programme aanbied (bring ’n eie skêr).

Op 7 Julie sal Carina Diedericks-Hugo daar ’n skrywersoggend hou.

As jy meer inligting wil hê oor programme van biblioteke, kontak enige van die volgende takke: Wellington/Vanwykvlei by 021-873-2979, Drakenstein by 021-862-5127 en Meulstraat by 021-807-4871.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za